Ligging
Distrik Simmering
Wene, Oostenryk
Opening
1 November 1874
Oppervlakte
2,5 km² (250 hektaar)
Permanente grafte
330 000
Status
Steeds in gebruik
Die Wiener Zentralfriedhof ("Sentrale Begraafplaas van Wene") is die grootste begraafplaas in die Oostenrykse hoofstad Wene wat as laaste rusplek vir aanhangers van alle gelowe dien. Die dodeakker, een van die grootstes in Europa wat 2,5 km² met 330 000 permanente grafte beslaan, is tegelykertyd 'n parklandskap wat met sy ryk fauna en flora as ontspanningsterrein by hoofstadbewoners en toeriste gewild is. 'n Groot aantal eregrafte vir bekende persoonlikhede en geboue in die Jugendstil maak van die Wiener Zentralfriedhof, wat in 1874 geopen is, een van die mees besoekte besienswaardighede in Wene.[1]